Welkom by die Krynauw-familie. Ons verskaf familie-inligting vir doeleindes van die naby familie en nakomelinge van Pieter Hendrik Johannes Krynauw, gebore 26 Junie 1861. Die direkte linie van sy afstamming word beskryf, maar ter wille van samehang en interessantheid word daar ook bykomende besonderhede verskaf. Agtergrond in verband met die Krynauw familienaam en die herkoms van die stamouers word onder Geskiedenis behandel. Die Familieregister is nie volledig ten opsigte van alle Krynauws nie. Die samestellers het ongelukkig beperkte inligting van sommige Krynauw families in Suid-Afrika, maar vertrou dat hierdie webwerf as hulpmiddel sal dien om die rekords aan te vul.

Kontak ons gerus met Staaltjies en Foto’s of inligting om verwantskappe en die profiel van familielede in die Familieregister op te dateer, of stuur kommentaar.

Die stamvader is Daniel Kreinow (geb. 1670) wat 1707 van Grabow in Duitsland na die Kaap gekom het. Hy is in 1689 met Jeanne Jourdan getroud. Familierekords wat in Duitsland gevind is, toon verskillende spellinge van die familienaam en daar is ‘n mate van onsekerheid oor Daniel se geboorteplek. Lees meer hieroor by Geskiedenis. Daar verskyn onder andere ook inligting in verband met die Familiewapen.

Die navorsing wat ons publiseer is in die verlede met groot moeite, sonder internet en elektroniese stelsels versamel. Kyk by Erkenning vir besonderhede. Dit spreek vanself dat die inligting nie volledig en korrek sal wees nie. Dit sal aktiewe deelname en deurlopende opdatering deur familielede verg. Krynauw webblad is op 20 Junie 2011 bekendgestel. Op loodsdatum was daar 664 Krynauws en ‘n verdere 706 verwante persone in die Familieregister.