Die Krynauw stamvader
Daniel Kreinow se plek van herkoms
Verwys na Erkenning vir besonderhede van die bronne wat hieronder gekwoteer word (No’s 1 tot 4). Volgens beide Daniel 1921 (2) en David W 1908 (1) was die stamvader afkomstig van Grabau (Grabow) in Schneidemühl, voorheen Pruise en vandag Pole. Die Grabow (Pools = Grabowa) is ‘n rivier in Pole. Die naam Grabow, Grabau, Grabo kom baie in Noord Europa voor.
Pieter 1936 (3) het die Poolse herkoms bevraagteken en via rekords van die Lutherse Evangeliese Kerk tot die gevolgtrekking gekom dat Daniel afkomstig is van Grabow, provinsie Schwerin, Mecklenburg, Duitsland. Grabow , wat ongeveer 1252 gevestig is, was ‘n plaaslike handelsentrum. In 1725, kort na Daniel se vertrek uit Grabow, het die middestad en kasteel van Grabow, Mecklenburg afgebrand. Die stadsargief het baie min rekords van die tydperk voor die brand. Die Kerk is die enigste bron.
Die Kerkrekords ( Sien elders by Geskiedenis) dui aan dat Daniel Kreinow op 26 Des 1670 gedoop is en daar is ook inligting i.v.m. sy familie. Op grond van hierdie navorsing het Pieter (3) die gevolgtrekking gemaak dat die stamvader in Grabow, Mecklenburg gebore is.
Uit die Kerkrekords blyk die volgende:
1656: Daniel Kreinow se oupa Christian was ‘n raadslid en getroud met Liesabeth Falckenhage
1658: Stiefoom Johan gebore
1659: Stiefoom Johan oorlede
1660: Stieftante Liesabeth gebore
1665: Oupa Christian Kreinow oorlede
1665: Daniel se ouers, Daniel Kreinow en Catharina Klüssen, getroud
1667: Broer Jochim gedoop
1668: Broer Christian gedoop
1670: Daniel gedoop (26/12/1670)
1676: Oupa aan moederskant Jochim Klüssen oorlede (Daniel 6 jaar oud)
1677: Vader oorlede (Daniel 7 jaar oud)
1688: Stiefouma Liesabeth Falckenhage oorlede (Daniel 18 jaar oud)
1704: Moeder oorlede (Daniel 34 jaar oud)
Daar is geen aantekeninge van huwelike, geboortes of sterftes van Daniel en sy ouer broer Christian in die Kerkregister nie. Dit dui daarop dat Daniel die omgewing kon verlaat het.
As ons bostaande verloop koppel met wat ons weet van die stamvader se aankoms en huwelik aan die Kaap is die verdere verloop soos volg:
1707: Kom in Kaap aan (Daniel 37 jaar oud)
1711: Burger in Kaap (Daniel 41 jaar oud)
1718: Huwelik met Jeanne Jourdan (Daniel 48 jaar oud, Jeanne 20 jaar oud). Sy is in 1698 gebore.
1719: Dogter Elizabeth gebore (49 jaar oud). Vernoem na Daniel se skoonmoeder (miskien ook na stiefouma)
1721: Seun Daniel gebore (Daniel 51 jaar oud). Vernoem na Daniel se vader.
1724: Dogter Catherina Margaretha gebore (Daniel 54 jaar oud). Vernoem na Daniel se moeder
1726: Seun Christiaan gebore (Daniel 56 jaar oud). Vernoem na Daniel se oupa en broer
1728: Seun Johannes gebore (Daniel 56 jaar oud). Vernoem na Daniel se skoonvader
1731: Daniel oorlede (61 jaar oud).
Bostaande lyk na ‘n redelike verklaring en bevestiging van die stamvader se geboorteplek. Dit lyk asof Daniel tussen 1704 (na sy ma se dood) en 1707 (sy vertrek na die Kaap) besluit het om sy geboorteland te verlaat. Die naamgeepatroon pas ook baie goed. Sy kinders het almal familiename. Op grond van hierdie ondersoek was Pieter (3) oortuig dat Daniel van Grabow, Schwerin, Mecklenburg gekom het.
Die rekords dui aan dat daar oor ‘n lang tydperk Kreinows in Grabow was. Verskeie spellings kom voor, o.a. Kreinow, Kreynow, Kreinou, Creinow, Creynow, Kreinowe, Kreinowen en waarskynlik ook Krinne. Sulke verskille is nie vreemd nie.
Al wat pla is die ouderdomsverskil van 28 jaar tussen Daniel en sy vrou Jeanne. By gebrek aan beter inligting, word dit voorlopig so aanvaar.
Pieter 1936 (3) het 26 dorpe met die naam “Grabow” in Noord-Europa getel. Die Mormone se webwerf het rekords van die Evangelische Kirche in die volgende dorpe met die naam Grabow:
Duitsland:
Mecklenburg-Schwerin (1640 – 1922)
Preussen-Sachsen (1810 – 1874)
Preussen-Brandenburg (1673 – 1835)
Preussen-Posen (1870 – 1876)
Preussen-Pommern (1618 – 1945)
Preussen-Ostpreussen (1761 – 1868)
Pole:
Bydgoszcz (1778 – 1915)
Szczecin (1618 – 1945)
Bialystok (1761 – 1868)
Poznan (1870 – 1876)
VOIC:
Volgens navorsing gee die VOIC se webwerf die volgende inligting oor ene Daniel Crijnou van Grabo:
Indienstreedatum: 08-01-1707
Rang: Onderkorporaal
Uitdienstreedatum: 08-12-1711
Rede: Vryburger
Reis na Kaap: Vertrek Texel 08-01-1707 (ook datum van sy indienstreding)
Skip/Skipper: Huis te Loo/ Haye Jannz
Aankoms te Kaap: 07-06-1707
Dit lyk na ons Krynauw stamvader.